Ruik die hele dag vars met ons *Natuurlike “Deodorant”*!! 🤩
Beskikbaar in 6 geure:
– Cedarberg (mansgeur)
– French Tango (Dames geur)
– Roos (Essentiële olie – 100% natuurlik)
– Jasmyn (Essentiële olie – 100% natuurlik)
– Citrus
– Boer
Hoekom ons natuurlike Deodorant kies?
Ruik jy oor die algemeen soos n mengsel tussen sweet en “roll-on”? Dan is hierdie vir jou! Dit vat die sweet reuk weg! Altans, sweet stink nie werklik nie… Die bakterieë a.g.v. die klammigheid onder jou arms stink wel! Byewas, skaapvet en magnesium is antibakteries. Dus bevat ons produk bestanddele wat die bakterieë vernietig! Nie dadelik met die eerste gebruik nie, maar met daaglikse gebruik, verseker. So hoe langer jy dit gebruik, hoe beter.
Dit het geen skadelike chemikalieë of enige ander vreemde bestanddeel in nie. Onthou! Jou vel neem alles op wat jy aansmeer!
Dit is geskik vir sensitiewe velle en blok nie jou sweetgaatjies nie.
Bestanddele
– Byewas – antibakteries
– Skaapvet – antibakteries
– Mielieblom (corn starch) – hou droog
– Koeksoda – neutraliseer reuk
– Magnesium – antibakteries en neutraliseer reuk
– Geurmiddels – 2 van ons geure is gegeur met Essentiële olies en 2 is gegeur met gewone geurmiddels.
| Weight | N/A |
|---|---|
| Grote | 50ml, 15ml |
| Geur | Cedarberg, Boer, Roos, Jasmyn, Citrus, French Tango, Green Tea |
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.
Reviews
There are no reviews yet.