R0,00 0

Cart

No products in the cart.

Hoekom die naam Op Vakansie Boerdery?
May 26, 2026

Mense vra my gereeld: “Hoekom die naam Op Vakansie Boerdery? Boer julle dan net as julle lus is?”
Ek lag altyd, want enigemand wat hier in die Boesmanland met vee omstaan, weet: die natuur wag vir niemand en ‘n boerdery vra nie vrae nie.
Maar die naam gaan oor daardie oomblik as jy die teerpad agter jou laat… Daardie eerste diep asemteug as die stof agter die bakkie opslaan en jy weet: hier is ek vry. Dis daardie gevoel van “vakansie” in jou siel, selfs al is jou hande vuil en die dag lank. En boonop klink dit sommer net lekker 😉

Ons produkte is ook presies dit. Dis nie net goed wat ons verkoop nie; dis dinge wat daardie selfde vryheid en plaasgehalte in jou huis inbring – of jy nou in die stad sit en verlang, of self op die grondpad lewe.
Van ons pap in die oggend tot die toerusting op die rakke… dis alles hier omdat ons self daarin glo.
As jy nog nie by ons aanlyn-werf gaan inloer het nie, kom stap gerus saam deur ons digitale gange:
👉 https://www.opvakansieboerdery.co.za

© 2026 Nellen Designs