Winterstye smul ons skape heerlik aan Namakwalandse blommetjies en Somerstye is die Boesmanlandse wye oop grasvlaktes hulle weiveld. Ons bye werk op dit wat die veld hulle bied, ver van gifstowwe en allerhande besoedeling.
Omdat ons naby aan die natuur leef en weet hóéveel na dit smag, is dit 'n absolute voorreg om bietjie van hierdie leefstyl en vryheid te deel - al is dit in die vorm van produkte. Egte plaasprodukte, soms met 'n moderne kinkel, wat elkeen ’n stukkie van die Boesmanland-son, die veldwinde en die hartklop van ons plaaslewe saamdra. Ons voel Op Vakansie Boerdery is meer as net ’n boerdery. Wat eens net 'n droom was het plek gemaak vir stories - stories van hoop, bietjie lief, bietjie leed en baie trots.
Die Skaaptrek – daardie nostalgiese tog van mens, hond en 'n trop skape, waar jy weer leer wát regtig saak maak.
Op Vakansie Bye Boerdery – ons natuurlike reekse van byewas en skaapvet produkte, wat jou vel en gesondheid koester.
ModerneBoer – plaasgeure met ’n moderne kinkel, vars uit ons kombuis.
PLAASlik – leerprodukte, klere en boots wat plaasstyl en kwaliteit dra.
BeeSweets – gesonde lekkers met rou heuning as kenmerk.
BeePure – velsorg so eenvoudig en rein soos die veld self.
BeeWell – van die korf, na jou hart. Natuurlike gesondheids produkte.
KomVatMy – rou en reguit, spesiaal vir die manne.
PlaasPap – gehalte, ongesifte mieliepap wat jou herinner aan kinderjare op die plaas.
Ons glo in eenvoud, in eerlike handewerk en in produkte wat regtig goed is vir jou.